Die regte en ware geskiedenis van die Boervolk.
Die Slag van Vegkop.
[Dankie Nico Smit van ‘United Veterans Association’ vir die leen].
Vyftig kakebeenwaens,
ses en dertig weerbare man,
en ‘n geloof in ‘n Hoër Hand wat sou beskerm.
Dit was al wat die dag gestaan het tussen die mag van Mzilikazie en totale uitdelging.
Die laer was getrek met die een disselboom diep onder die voorste wa se agterstel ingedruk.
Wiele was met osrieme en trektoue aan mekaar vasgeknoop.
Spasies tussen die voor- en agter wiele was diggeslaan met doringbome en goed vasgemaak.
Die laer het by benadering ‘n omtrek van 66 treë in deursnee en 210 tree in omtrek gehad.
In die middel was ‘n kleiner laer, bedek met velle en planke, waarin bejaardes en kranklikes
skuiling kon vind.
By elke opening het ‘n wakis met skottels lopers en kruit reggestaan.
Slegs een klein opening was gelaat waar ‘n ruiter te perd kon deur.
Hendrik Potgieter en Sarel Celliers het die oggend tesame met enkele ander Trekkers uitgetrek om die impi tegemoet te ry.
Ongeveer 6 na 9 kilometer van die laer was die impi op die lyf geloop.
Potgieter wou nog mooipraat en onderhandel, dog dit was verniet.
Soos een man en doodsverwagtend het die Matabele gestorm.
Dit moes ‘n gesig gewees het wat selfs die dapperste hart geraak het.
Celliers skryf dat hy tot op omtrent 100 tree drie skote kon skiet voor dat hul moes vlug.
‘n Ent van die laer af was die geveg gestaak en gejaag om by die laer te kom sodat finale voorbereidings getref kon word.
(Dit is bekend dat 4 mans verby gejaag het. Ons, die nakomelinge, moet hul dit nie verkwalik nie. Ons word nie almal groot om dit te word wat van ons verwag word nie.)
Die Matabele het intussen die laer omsingel.
Etlike beeste was lewend verslind
(die vleis rou geëet).
Celliers het die aanwesiges tot kalmte gemaan.
Hy het Psalm 50 vers 15, “Roept my aan in de dag der benoudheid, Ik zal u er uithelpen’, voorgehou.
Skaars was sy woorde koud of die Matabele het
“soos verwoede leeus gestorm”.
Potgieter het die Matabele tot op 30 tree laat kom waarna die eerste skoot geskiet was.
Die eerste storm was kort, kragtig en bloedig.
Almal moes help.
Petronella (11) en Sophia (15) Botha het langs hul pa gestaan en die voorlaaiers aangegee.
Nie ‘n oomblik moes hy wag vir ‘n voorlaaier nie.
Betta Badenhorst het dieselfde vir haar man gedoen.
Die 83 jarige oom Bart Harmse was ook daar
en het by ‘n opening gestaan.
Met die tweede stormloop was deurgedruk tot vas teen die waens.
Vrouens waaronder Elizabeth Bronkhorst,
Anna S Coetzee en Martha Slabert
het hier prominente rolle gespeel en hulself behoorlik laat geld.
Die geweld spreek duidelik uit omskrywings wat meld dat waens tussen ‘n halwe voet,
na ‘n voet en ‘n half uit die kring geruk was.
Ander tasbare bewyse was dat Celliers se wa alleen 72 assegaai steekmerke gehad het.
Omskrywings wissel, maar binne in die laer het, na die slag, tussen 1113 en 1137 assegaaie gelê.
Daarna het die Matabele teruggetrek en ‘n ruk gaan sit.
Omskrywings wissel, dog die meerderheid meld dat dit was asof ‘n verskrikking oor hul gekom het en dat hul daarna onttrek het.
Die Slag van Vegkop was gelewer.
Op wonderbaarlike wyse het slegs twee man naamlik,
Nicolaas Potgieter en Piet Botha, gesneuwel
en was enkele ander (14) gewond.
Daardie aand, in ‘n omgewing wat reeds ‘n reuk begin afgee het, was ‘n dankdiens sowel as ‘n roudiens vir die gesneuweldes gehou.
Na die geveg was die Voortrekkers in ‘n uiters haglike posisie gewees.
Celliers skryf dat hy ‘n vrou en 7 kinders gehad het en dat hy hul niks
hul grafte dra.”