God se Apteek
God se Apteek – Herman Uys
Inleiding
Ek is persoonlik daarvan oortuig dat geen siekte of kwaal of toestand op hierdie aarde van ons toegelaat word om te bestaan, sonder dat die Here ‘n effektiewe teenmiddel en/of geneesmiddel
in die vorm van plante, vrugte of groente daarvoor aan ons as aardewoners gegee het, ons weet net nie van hulle nie.
“My volk gaan ten gronde (6 voet) as gevolg van ‘n gebrek aan kennis.” Hos. 4:6.
Meeste mense vermoor hul eself met ‘n vurk en grawe hulle eie grafte met hulle tande.
Ons skrywe gereeld in ons begrafnisbriewe: “Die Here het gegee, en die Here het geneem”, maar eintlik het Hy gegee en ons het geneem. “Jy is wat jy eet, en jy is wat jy nie eet nie!”
In God se “apteek”, die oop veld, landerye, riviere en waters wat die aarde deurkruis en omspoel, het Hy al es geskape wat ons nodig het; as ons dit net reg gebruik, om gesond en geseënd ons
oudag te belewe, en eendag oud en voltooid, oor te stap wanneer ons van adres verander, en Hom te sien.
